etienne.noddy's Journal, 08 Feb 18


58 Supporters    Support   

1 to 20 of 26
Comments 
Kyk nou net!  
08 Feb 18 by member: Annelizej40
WhoopWhoop!!!  
08 Feb 18 by member: jic.s
great results and what a difference - keep it up Etienne.Noddy! 
08 Feb 18 by member: Roni321
Nice Ettienne, watter program volg jy, en hoe lank het dit jou geneem vir die 30kg  
09 Feb 18 by member: Wilfredvan der merwe
mooi man 👏 👏  
09 Feb 18 by member: barkerwelkom
Fantasties! Jy lyk sommer 'n ander mens  
09 Feb 18 by member: StephW1234
Ek het 30 kg verloor binne 3 maande. Okay ek gaan nou baie skryf so besluit of jy wil lees of nie en as daar spefoute is...tough ek het nie 'n spelcheck vir afrikaans nie :) Dis Nie rerig 'n dieet of iets nie, ek het my lewenstyl verander. Eet meeste kere gesonde calories. Ek probeer by 1100 calories hou of minder. Niks dranks, slegte stysels of lekker goed nie of surgar fizzt drinks nie....die zero's is gesonder maar ek verkies water en koffie. Dit is nie altyd moonltik nie, aanvaar dit anders gaan jy nooit meer vriende he om by te gaan kuier nie. Ons het 'n cheat dag een keer 'n maand maar die se calories word ook getel word. Ons probeer voor 5 uur ons aand ete te eet ook. Ek en my vrou doen dit saam, ons eet saam en ons oefen ook saam. Ek kan verstaan dat sekere mense sukkel want hul is dalk alleen wat probeer gewig verloor in 'n gesin so in daai opsig is ek lucky. In kort: Maak die besluit om jou lewenstyl te verander, dis 'n groot besluit want jou lewe verander heeltemal en dalk ander in jou gesin. Eet gesond, Tel calories (beplan vooruit want wat jy dink en wat werklik is, is twee verskillende goed), drink baie water, doen oefening (kyk op google fit hoeveel calories verbrand jy saam jou smartphone) en moenie te laat eet nie. Ek het aan die begin elke dag moer ver geloop (3km was baie ver vir my en toe word dit 5km) en my shins het seer geraak maar dit word beter. Doen ook iets wat sustainable is...help nie jy dieet nie en dan waneer jy probeer normaal lewe dan tel jy weer op nie. Ek sien die calorie counting werk persoonlik en die mense was fasting doen kan op 'n mate werk...want ons raak versadig die middag en eet eers weer die volgende dag. So speel mens met die calories rond en mens kan onmoontlik nie bly op 1100 calories nie so aanvaar dat daar dae gaan wees wat jou calories 1600 of dalk meer gaan wees. Jy gaan nie gewig optel na once in a blue moon se 2600 calories nie, so relax. Dis 'n lewenstyl en nie 'n diet nie. Daar is diets wat net nie kan werk long term nie...jy moet jouself vra of jy dit kan doen vir die res van jou lewe....bv...kan jy 'n liquids drink vir die res van jou lewe? Ek kan dit wat ek nou doen vir die res van my lewe doen...en dit geniet....my lewe is baie lekker in terme van nutrition...ek skeep myself glad nie af nie. Aan die begin is jou internal motivation belangrik want dit is moeiliker dan, daar is cravings en jy dink jy raak honger. Eet 'n appel of 'n wortel. Drink water. Wat is jou motivation? Jou maag sal baie vinnig krimp en jy sal gewoond raak hieraan. Eventually as jy 'n groot maaltyd in die middag vroeg eet gaan jy kan uithou tot die volgende dag en dis hoe dit vir my en my vrou nou is. Ons kan 11uur eet en versadig bly tot die volgende dag wat ons moet eet. Jy gaan ook besef sekere goed is onmoontlik om te eet en binne perke te bly of jy gaan net moerse klein porsies van dit moet eet. Wors, stew vleis, die vetjie aand die steak of die vark tjop...dis baie calories...wees bereid om baaaie min van dit te eet of sny dit uit. Dit was nie maklik om die goed te groet nie maar ek het. Dit word deel van my cheat dag. Wanneer jy jou goal bereik en ek het nog nie....dan kan jy stelsel matig jou calorie intake verhoog en dan moet jy maar kyk hoeveel jy kan eet sonder dat jy gewig optel. Ek sal wel kan "share" wanneer ek dit bereik. ...O ja...sekere goed verteer moer stadig soos rooi vleis....as jy weet jou weeg dag is more...moet dan nie dom wees en 300g steak eet vir aand ete twee keer in 'n ry nie...dit gaan jou gewig opstoot. Dit beteken nie jy het nou gewig het aangesit nie nie en die aarde moet sommer ophou draai oor die tragedie nie...dit vat langer om te verteer...dit dwaal in jou maag rond...'n burger vat 72 uur om te verteer so moenie jou cheat dag maak voor jy weeg nie behalwe as jy 'n sielkundige probleem wil ontwikkel. Eet probeer iets lig so binne die 2 dae voor jy jouself wil weeg. Maak ook seker jy weeg elke keer op die selfde dag weekliks, of elke 2de week. My eerste goal is 95 kg, ek is 1.77m lank. Die BMI indeks op die internet sê 95 is oorgewig vir my lengte en dat ek 78 moet weeg. Volgens die internet is ek nog obese....as if. Twyfel sterk of ek 'n riet wil wees so op 95 kg moet ek evaluate hoe ek lyk. Beneftis: Buiten dat gewig verloor jou meer energie gee...ek is 'n diabeet. Ek het 2 verskillende pille gedrink en drink nou net 1 want my suiker het al hoe beter geword. Ek het ook hoe bloeddruk n dis nou laag. Hopelik sal ek eendag die medikasie vir dit ook kan los. Kamersake verbeter met myle (ek probeer dit baie diplomaties stel). Mense het baaaie meer energie vir enige iets. Ek kan nie meer voor die tv sit en niks doen nie, ek is 'n busy body en ek was altyd 'n couch potato. Jy moet iets kry om jouself te motivate: Wat my motivated gehou het is, is hoe ek op skool gelyk het....fris, gesond en vol lewe...my selfbeeld was beter, ek het makliker gekommunikeer met mense, ek het gehou van praat....ek was nie skaam vir myself nie. Om kleiner broeke te dra is 'n awesome gevoel. Klere in 'n winkel pas nou...gewoonlik was dit 'n mission. Ek het 'n prentjie in my kop van wie ek was. Dis wie ek was en dit is wie ek GAAN wees. Ek is amper daar en Niks gaan my stop nie. Dis belangrik om 'n sterk motivation te hê want daar gaan 'n tyd kom waar DIT al is wat jou op koers gaan hou. My vrou en my motivation het my op koers gehou en hou my nogsteeds op koers. Hoop dit help vir wieookal dit lees. Die is natuurlik my persoonlike ondervinding, in die begin is dit moeiliker, na 'n maand raak dit maklik.  
12 Feb 18 by member: etienne.noddy
Oja ek gaan nie nou weeg vandag nie. Ek was op honeymoon mode en het 2 aande steak in 'n ry geeet plus nog gerookte worsies en so aan....dit hang in my maag rond so ek weeg volgende week eers...ek dink ek kan 'n week skip...mens trou mos nie elke dag nie. Ek record van vandag af weer wat ek eet.  
12 Feb 18 by member: etienne.noddy
jy is n groot motivering vir ons almal.  
12 Feb 18 by member: MScotten
Dankie Etienne! Dit was mooilik om te lees sonder paragrawe, maar well worth it! Welgedaan!!! 
12 Feb 18 by member: Nikina70
Ek het dit alles ees uitgetik op Word met paragrawe, gecopy en paste en toe kom dit nou nie so uit nie...my goeie daad vir die dag is gedoen.  
12 Feb 18 by member: etienne.noddy
Dankie vir jou boodskap. Dit is so motiverend! 💙💛💖 
12 Feb 18 by member: Orosgirl
baie geluk met jou huwelik! Geniet julle honeymoon 💏💘💍 
12 Feb 18 by member: Orosgirl
Etienne kan jy asb. verduidelik hoe om n foto te laai op jou profiel soos jy gedoen het?  
12 Feb 18 by member: Orosgirl
Hi Orosgirl ek het met n rekenaar dit gedoen. werk jy jou fatsecret van jou foon af of met n rekenaar?  
12 Feb 18 by member: etienne.noddy
Dankie, van my foon. Ek het n Lenovo laptop. 
12 Feb 18 by member: Orosgirl
well done!! 
13 Feb 18 by member: BellaPixie
thanks Pixie.  
13 Feb 18 by member: etienne.noddy
Orosgirl op jou laptop moet jy inlog op www.fatsecret.co.za op jou profiel sal jy aan die regterkant sien "my image". Dis daar waar jy 'n profiel foto kan oplaai.  
13 Feb 18 by member: etienne.noddy
sekere goed kan jy net van die web based blaai doen...soos om iemand anders se diet plan te kyk, Dit kan jy nie op die app op jou foon doen nie. My vrou sal bv ons kos maak vir 2 dae. Dan moet ek op haar profiel gaan om te sien wat dit is en dit dan copy na my profiel toe. Dis rerig ons manier van eet deesdae.  
13 Feb 18 by member: etienne.noddy

     
 

Submit a Comment


You must sign in to submit a comment. Click here to sign in.
 


etienne.noddy's Weight History


Get the app
    
© 2024 FatSecret. All rights reserved.